Ashton nyte

Moederland

Ashton nyte
Moederland
Jou skadu voel ek nog
Jou gedig hier in my bors
Nou wil ek alles los
En huistoe kom

Moederland
So skielik in my hart
So ver weg van jou pad
Soos ‘n ou vergete skat
Het jy my verstom

Moederland
Ingrid en Louis
Kerkorrel, Du Plessis
Jou suiwer melodie
Nog steeds so jonk

En as ek nou aan jou dink
Moet ek vir al jou kinders sing
En as daar niks is wat ek
Vir jou kan gee nie
Dan bid ek dat jy vrede vind

Moederland
Jou skadu voel ek nog
Jou gedig hier in my bors
Nou wil ek alles los
En huistoe kom

Encontrou algum erro na letra? Por favor envie uma correção clicando aqui!